Skaars Harry Potter-boek gaan opgeveil word vir N$3,9 miljoen

Die afslaer Christie’s in Londen hou ‘n privaat veiling van die eerste uitgawe van Harry Potter and the Philosopher’s Stone. Die boek het ‘n paar foute in en is deur die skrywer, J.K. Rowling, geteken. Die afslaer nooi mense uit om op 3,9 miljoen Namibiese dollar te begin bie. Die privaat veiling is deel van Christie’s se komende uitstalling met die titel The Art of Literature: Loan and Selling Exhibition. Die uitstallling se mede-kurator, Mark Wiltshire, sê dit is een van 500 hardeband-kopieë van die boek wat tydens ‘n aanvanklike lopie in 1997 gedruk is.