Spesiale Ondersoek-eenheid fynkam staatskapingverslag

Die Spesiale Ondersoek-eenheid se hoof, Andy Mothibi, sê hulle ondersoek reeds sommige van die staatskapingsverslag se bevindings en bewerings by verskeie instellings in staatsbesit, insluitend Transnet, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Eskom en Denel. Die SOE het ‘n komitee aangewys om die verslag te bestudeer en sake uit te wys wat verder ondersoek sal word, om seker te maak daar is genoeg bewyse om voort te gaan. Mothibi sê dis noodsaaklik om geld terug te kry wat deur staatskaping verlore gegaan het.