Namibiese leerders kan deelneem aan entrepreneurskompetisie

Hierdie jaar hou Afriforum weer hul Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie en dié aanlyn kompetisie het intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskoolleerders, Juniorpreneurs, wat ’n passie en kop het vir besigheid. Hierdie jaar spog die Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie met twee splinternuwe kategorieë, naamlik die AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie. Namibiese leerders word ook uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem. Sandri Olivier van Afriforum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die doel van hierdie kompetisie is eenvoudig: om jong entrepreneurs van vroeg af te bemagtig.