Charlotte Maxeke-hospitaal kan weer nie heropen weens diefstal

Die DA in Gauteng sê dit is baie ontstellend dat nog ‘n groot diefstal by die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal die heropening van die ongevalle-eenheid, wat vir volgende week Maandag beplan is, vertraag. Jack Bloom van die DA sê ten spyte van 40 miljoen rand wat per jaar aan hospitaalsekerheid bestee word, was daar diefstal van koperpype, asook meer as 500 meter elektriese kabels en nuwe elektriese verspreidingspanele.