Herskryf van eksamens: ministerie sal onmiddellik begin merkDecember 14, 2021

Daar is kommer oor senior leerders wat eers volgende jaar hulle eksamens sal voltooi nadat nasionale vraestelle uitgelek is en verkoop is. Universiteite meen die vertraging in die voltooiing van die skooljaar sal ‘n wesenlike impak op die leerders se eerste jaar by dié instellings hê. Maar, die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê die merk van die vraestelle sal onmiddellik begin en so spoedig moontlik afgehandel word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *