WGO sê aflewering van kos en kruideniersware is veilig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die aflewering van kos en kruideniersware is veilig tydens die pandemie en sal nie Covid-19 oordra indien die verskaffer goeie persoonlike en voedselhigiëne-praktyke volg nie. Die WGO sê mense moet hul hande was nadat hulle die pakkie ontvang het, maar dit is nie nodig om die kos of verpakking te ontsmet voordat dit geëet of weggepak word nie, want alle betroubare afleweringsondernemings volg ‘n Covid-veiligheidsbeleid. Die hoof van mediese virologie aan die Universiteit Stellenbosch, professor Wolfgang Preiser, sê dit is onwaarskynlik dat verpakking met ‘n lewensvatbare virus besmet sal wees.