Sprinkane teister verre Suide

Berigte vanaf Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en /Ai//Ais lui dat die omgewing geteister word deur ‘n nuwe sprinkaanplaag. Die swerms is tussen 1 tot 4 kilometer breed. Van die boere sê kaal kolle kom reeds op weiveld voor en amper al die plase word geraak. Van die omgewings het reeds reën ontvang wat tot gevolg het dat eiers van die Afrika-treksprinkaan uitgebroei het. Daar is groot kommer dat die swerms na die res van die land kan versprei. Kenners meen vlieënde swerms kan tot sover as Okahandja uitwyk.