Kyrgios sê regsgeding teen tennis-beheerliggame is nodigMarch 19, 2025

Tennis: Die Australiër Nick Kyrgios sê die regsgeding wat die Professionele Tennisspelersvereniging teen die beheerliggame aanhangig gemaak het, is ʼn belangrike oomblik in die sport. Dit handel oor praktyke teen mededinging en ʼn gebrek aan spelerswelstand. Kyrgios is een van 12 huidige en gewese spelers wat saam met die vereniging as klaers genoem word. Hy het aan Sky Sports gesê dis tyd vir verandering en dat spelers gehoor word.