Geen vergeldingstariewe teen VSA nie – StarmerMarch 13, 2025

Die Britse eerste minister, Keir Starmer sê hy is teleurgesteld dat staal- en aluminium-uitvoere na Amerika nou onderhewig is aan tariewe. Die wêreldwye tariewe het Woensdag van krag geword met ‘n vaste heffing van 25-persent op staal en aluminium wat Amerika binnekom. Dié stap deur president Donald Trump is gemik op die beskerming van Amerikaanse vervaardiging en die skepping van werksgeleenthede deur buitelandse produkte minder aanloklik te maak. Starmer sê Brittanje beplan nie vergeldingstappe nie: