Netbal wil deel wees van 2032 Olimpiese SpeleMarch 12, 2025

Olimpiese Spele: Netbal gaan voort om druk uit te oefen vir toelating tot 2032 se Spele in Brisbane, Australië. Verteenwoordgers van Wêreld-netbal en Netbal Australië het ‘n virtuele vergadering met die organiseerders gehad waar die moontlike insluiting van die sport bepreek is. Uitvoerende hoof Fiona Harold sê die wêreldliggaam het reeds ‘n uitvoerbaarheidstudie aangevra en verskeie rolspelers geraadpleeg. Hulle glo dat insluiting die Olimpiese beweging sal versterk en ‘n noemenswaardige uitwerking sal hê op netbal se kernstrategieë van groei, speel en inspireer.