Iran sluit Straat van Hormuz, oliepryse skiet opJune 23, 2025
Iran se parlement het Sondag in beginsel besluit om die Straat van Hormuz, die vernaamste uitvoerroete vir olieprousente, te sluit ná Amerika kernfasiliteite in dié land aangeval het. Brent het op 80 Amerikaanse dollar ‘n vat handel geopen en verhandel tans net bo 78 dollar . Afhangende van hoe die situasie in die Midde-Ooste in die komende dae ontvou, kan oliepryse tot tussen 100 en 130 dollar per vat styg, waarsku ontleders. Brent-olie se prys het sedert Israel se hernude konflik met Iran in die middel van Junie reeds met sowat 10 persent gestyg. Duurder olie, tesame met die impak van Donald Trump se handelstariewe, kan verreikende gevolge op die wêreld se ekonomie hê. Kosmos 94.1 Nuus het die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, vir sy mening genader: