NamWater-skuld: Debat is rondom nakoming van die wet of, geregtigheidMarch 11, 2025
Reaksie word ontvang op die verbysterende skuld van 2,4 miljard Namibiese dollar aan NamWater. Skuld was nog altyd ‘n probleem maar, het skerp gestyg na die regeringsopdrag tydens Covid dat gratis water voorsien sal word, aan almal. Dorpsrade en munisipaliteite sukkel reeds met betaling deur inwoners en die staat is nie veel beter met sy nakoming nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die beleids- en bestuurskenner Marius Kudumo.