Man van Suid-Carolina sterf voor vuurpelotonMarch 8, 2025
‘n Gevangene in Suid-Carolina wat sy gewese meisie se ouers in 2001 met ‘n bofbalkolf doodgeslaan het, het die eerste Amerikaner in 15 jaar geword om deur ‘n vuurpeloton tereggestel te word. Die 67-jarige Brad Sigmon het die vuurpeloton versoek eerder as die elektriese stoel of dodelike inspuiting. Hy is doodgeskiet net na 6-uur Vrydagaand deur drie vrywilligers van die staatskorreksies-departement, wat na sy hart geskiet het met spesiaal ontwerpte koeëls. Ooggetuies is toegelaat om die teregstelling van agter koeëlvaste glas waar te neem.