Sikloon Alfred bring golf van 12,3mMarch 8, 2025

Miljoene inwoners van Australië se ooskus maak gereed vir die sterkste tropiese sikloon wat die streek in die laaste 50 jaar bedreig het. Daar word verwag dat Tropiese Sikloon Alfred hierdie naweek die vasteland sal bereik met die sterkte van ‘n Atlantiese tropiese storm. Die sikloon het alreeds gevaarlike golwe langs die kus veroorsaak, insluitende ‘n golf wat 12,3 meter hoog was. Amptenare waarsku miljoene inwoners moet hulle gereed maak vir verwoesternde rukwinde, vloedwater en storms wat gelyktydig saam met hooggetye kan voorkom.