EU staan bankvas agter Oekraïne, Zelensky

Ure na ‘n gespanne meningverskil in die Withuis tussen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en die Amerikaanse president Donald Trump, het Europese leiers vinnig hulle volle steun uitgespreek vir die oorloggeteisterde land. Die botsing, wat regstreeks op televisie uitgesaai is, het uitgeloop op ‘n geskree op mekaar in die Oval Office. Europa se top-politici het op X, voorheen Twitter, hulle voortgesette, onvoorwaardelike steun uitgespreek vir Zelensky en Oekraïne. Die hoof van buitelandse beleid van die EU, Kaja Kallas, sê Oekraïne is Europa en hulle staan agter Oekraïne.