Vonke spat tussen Trump, Zelensky

President Donald Trump van Amerika het Vrydag sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, daarvan beskuldig dat hy met die derde wêreldoorlog dobbel en dat die kaarte nie in sy guns is nie. In ‘n hewige argument voor die wêreldmedia in die Withuis het Trump en sy adjunk, JD Vance, gesê Zelensky is ondankbaar en stel nie belang in vrede met Rusland nie. Zelensky is gevra om die Withuis te verlaat met ontleders wat meen dat vredesvooruitsigte ‘n ernstige knou gekry het.