HyIron-Oshivela groenwaterstof-projek vorder fluks
Die HyIron-Oshivela groenwaterstof-projek in Erongo maak aansienlike vordering en het 42 000 sonpanele geïnstalleer wat 25 megawatt elektrisiteit genereer. Die projek het ook 200 000 ton direk-verminderde ystererts verseker. Die projek het meer as 60 klein- en medium-ondernemings gebruik en 400 Namibiërs in diens geneem wat plaaslike kundigheid vertoon. Namibiese passers en draaiers, elektrisiëns en tegnici lei belangrike monteerwerk. Die vaardighede en intellektuele eiendom wat ontwikkel word trek wêreldwye aandag en posisioneer Namibië vir langtermyn industriële groei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die woordvoerder van die Namibië Groenwaterstof-program, wat meer inligting gee.