Soul-legende Roberta Flack, dood op 88
Die ikoniese soul-sangeres Roberta Flack, veral bekend vir die treffers The First Time Ever I Saw Your Face en Killing Me Softly With His Song, is op 88-jarige ouderdom oorlede. Haar verteenwoordigers sê in ‘n verklaring dat sy vreedsaam in Manhattan dood is, omring deur haar familie. Sy het twee Grammys gewen en in 2020, ‘n jaar nadat sy ‘n beroerte gehad het, het Flack ‘n toekenning vir lewenslange prestasies van die Grammys gekry. Flack het in 2022 aangekondig dat sy motorneuronsiekte het en dat sy nie meer kon sing nie.