Ministerie opgewonde oor Jwala wat vier welpies het en vrygelaat is

Die regering is opgewonde oor die nuus dat die Namibiese jagluiperd Jwala en haar vier welpies Vrydag in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat is. Namibië het in September 2022 20 jagluiperds aan Indië geskenk, waar dié spesie voorheen uitgewis is. Die Kuno Park is nou die tuiste van 26 jagluiperds, waarvan vier uit Namibië en agt uit Suid-Afrika afkomstig is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van omgewing, Romeo Muyunda, gepraat.