Hindoe-pelgrims sterf in samedromming

Minstens 15 mense is dood en nog 15 beseer toe ‘n skare Saterdagnag by die hooftreinstasie in New Delhi buite beheer geraak het, waar pelgrims op pad na die Hindoe Maha Kumbh-fees saamgedrom het. Die dodetal sluit 10 vroue en drie kinders in, berig Reuters. Die Hindoe-fees, wat elke 12 jaar gehou word, sal na verwagting sowat 400 miljoen mense lok.