Waar’s die diamante, vra likwidateursJune 4, 2025
Die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, saam met die veiligheidsministerie, die ministerie van myne en energie en die diamantkommissaris stoei weer in die hof oor 14 miljoen Namibiese dollar se diamante. Die hoërhof het in Julie verlede jaar opdrag gegee dat die polisie die diamante oorhandig maar, dit is nog nie gedoen nie. Die twee het ‘n dringende aansoek vandag voor regter Orben Sibeya. Die likwidateurs is in 2010 aangestel om die bankrot Bret Investments te likwideer maar, ‘n regsgeding het ontstaan tussen die maatskappy en ander partye en dus, is 2 700,45 karaat diamante, wat bates van Bret Investments was, oorhandig aan die Namibiese polisie vir veilige bewaring.