AfriForum ondermyn SA se demokrasie 

Die Black Forum South Africa sê AfriForum moet van hoogverraad aangekla word en beskuldig die drukgroep dat hy vals inligting oor die Onteieningswet versprei. Verlede week het president Donald Trump die Suid-Afrikaanse regering beskuldig dat hulle Afrikaners mishandel en hul grond deur die Wet onteien. Die forum sê AfriForum se verdelende boodskap ondermyn die land se demokrasie. Dit sê maatskaplike geregtigheid en regstelling moet eerste kom voor ‘n reënboognasie.