Gaan na VSA oor handelsbetrekkinge, vra ACDPFebruary 13, 2025
Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te kry. Hy waarsku indien die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wegval, kan dit ernstige ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou. President Cyril Ramaphosa se staatsrede het gister vir die tweede dag onder die loep gekom. Meshoe het tydens die debat gesê die ACDP ondersteun ‘n afvaardiging wat na die Verenigde State gaan om met die nuwe administrasie oor handelsbetrekkinge in gesprek te tree.