Europese lande soek veiligheidswaarborge vir OekraïneFebruary 13, 2025

Sewe Europese lande, wat Brittanje, Frankryk en Duitsland insluit, dring aan om deel te wees van enige toekomstige vredesonderhandelings om Rusland se oorlog teen Oekraïne te beëindig. Dit volg nadat president Donald Trump van Amerika met die Russiese president, Vladimir Putin, gepraat en die twee ooreengekom het om onmiddellik met vredesamesprekings te begin. Die ministers van Buitelandse Sake sê in ʼn gesamentlike verklaring Oekraïne moet sterk veiligheidswaarborge kry. Hulle voeg by regverdige en blywende vrede is in die land nodig vir behoorlike trans-Atlantiese sekerheid.