Koringoes daal met amper 84%

Namibië se koringproduksie het in die 2024/2025-seisoen met 83,72 persent tot 2 984 metrieke ton gedaal weens erge droogtetoestande, wat die invoer van 126 654 ton genoodsaak het. Die opskorting van besproeiing by Hardapdam het aanplantings lamgelê. Verlede jaar is 18 328 ton ge-oes wat 25,8 persent laer was as die 2022/2023 oes was. Boere het 6,88 persent meer per ton verdien. Die tekort aan witmielies het pryse ook skerp laat styg tot bo 7 000 Namibiese dollar per ton. Plaaslike verbouing van grondbone het ‘n huptstoot gekry met produksie wat in die 2024/2025-seisoen tot 4 000 ton gestyg het, ‘n 233 persent toename.