Oekraïne val Kerch-brug aan, beskadig pilareJune 4, 2025
Oekraïne sê hy het die Kerch-brug wat Rusland met die Krim verbind, met onderwater-plofstof aangeval. Dis die derde keer dat Kiëf die brug teiken sedert Rusland se inval in 2022. Oekraïne se veiligheidsdiens sê hy het 1 100 kilogram plofstof gebruik wat die brug se pilare ernstig beskadig het. Hy voeg by die aanval het ook 34-persent van Rusland se strategiese kruismissieldraers getref wat gebruik is om Oekraïnse stede in die oorlog aan te val.