Sankwasa sê raadslede koop erwe vir N$5June 4, 2025
Daar word vanoggend berig dat die nuwe minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Volgens Namibian Sun, sal die volle onderhoud oor die naweek uitgesaai word. Sankwasa het ook melding gemaak van grond in ruil vir voertuie, wat hy beweer het by Katima Mulilo plaasgevind en sê die saak is reeds by die Teenkorrupsie-kommissie aangemeld.