Infrastruktuur vir hervestigde huishoudings van hoofstad vorder
Meer as 200 huishoudings wat in Januarie deur kitsvloede geraak is, is deur die Stad Windhoek op Plaas 508 hervestig. Sommige gesinne het dit egter teengestaan weens ‘n gebrek aan noodsaaklike infrastruktuur soos gesondheidsdienste, onderwys- en veiligheidsfasiliteite. Die Khomas-streekraad sal help met verdere ontwikkeling van die hervestigingsterrein. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat ‘n opdatering gee van die fasiliteite by die terrein.