Protokol dringend nodig vir seeskilpaaieFebruary 7, 2025
Die Skilpadreddingsnetwerk van die Twee Oseane Akwariumstigting het die belangrikheid beklemtoon van ‘n protokol vir gestrande skilpaaie. Dit volg nadat ‘n karetskilpad naby Bettysbaai dood aangetref is. Die netwerk versoek strandgangers om nie skilpaaie terug te plaas in die see nie maar om eerder die Skilpadredding te bel en die skilpaaie te beveilig tot hulp opdaag. Hulle waarsku onbehoorlike hantering kan noodlottig wees vir kwesbare skilpaaie. Die stigting beklemtoon behoorlike reddingspogings is noodsaaklik vir die behoud van bedreigde skilpadbevolkings.