Pous stel Vrystaatse akademikus aan

Pous Franciskus het die sosioloog en adjunkhoof: Akademie en Navorsing op die Qwaqwa-kampus van die Vrystaatse Universiteit, Pearl Sithole, aangestel as lid van die Pouslike Akademie vir Sosiale Wetenskappe. Sithole sê sy sien uit om betekenis en invloed met die wêreld te deel in ‘n ruimte wat aan sosiale wetenskappe toegewy is. Pous Johannes Paulus die Tweede het die akademie in 1994 gevestig met die doel om die studie en vooruitgang van sosiale wetenskappe soos ekonomie, die reg en politieke wetenskap te bevorder.