Is Bitcoin se goue era hier?
Net voor Donald Trump se inhuldiging as Amerikaanse president het die prys van Bitcoin met byna 6 persent gespring om ‘n nuwe hoogtepunt te bereik. Dit het sy vorige rekord gebreek met ‘n kort styging bo 109 000 Amerikaanse dollar op 20 Januarie. Op 21 Januarie het die prys teruggesak, toe dit al hoe meer waarskynlik gelyk het dat Trump nie kripto in sy eerste-dag-aksies sou aanspreek nie. Die prys van Bitcoin het egter weer toegeneem tot 104 729,95 dollar met die skryf hiervan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nikolai Tjongarero van OKIN Trading Enterprises, wat beide Bitcoin Mining Namibia en EasySats bestuur, wat verduidelik wat gebeur het.