SA inflasie styg met 0,1% in Desember
Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasie het in Desember gestyg tot 3 persent vanaf 2,9-persent in November verlede jaar. Sleutelbydraers tot die styging sluit in behuising en nutsdienste, diverse goedere en dienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies. Patrick Kelly van Statistieke Suid-Afrika sê die gemiddelde inflasie vir verlede jaar was 4,4-persent, laer as die 6 persent wat in 2023 aangeteken is.