SARB kan steeds rentekoers verlaag

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sê daar is steeds ruimte vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse te verlaag, ondanks die uitdagings met stygende oliepryse en die swak rand. Business Tech berig die buro is van mening daar kan ‘n moontlike verlaging in Januarie en weer in Maart wees, wat inflasieverwagtinge binne die Reserwebank se 4,5-persent teiken hou. Die buro sê daar is ‘n toenemende risiko dat die Reserwebank die koers in Januarie en/of Maart onveranderd kan hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *