SA Rugby verklaar R93 miljoen-verlies vir 2024-boekjaarJune 6, 2025

Rugby: SA Rugby is optimisties oor die toekoms op die kort tot medium termyn ten spyte van ‘n verlies van 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die 2024-boekjaar, soos voorspel is. Die verlies is grootliks te wyte aan deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap en die Europese Professionele Klubtoernooie. Vanjaar se verwagte inkomste is meer as twee-miljard-rand uit nuwe borgskappe, volle lidmaatskap van die VRK en voortgesette kommersiële groei. Die uitvoerende hoof van Rugby SA, Rian Oberholzer, sê die inkomste wat dit meebring, sal alles teruggeploeg word in die bevordering van rugby in die land.