Navo-hoof stel 5% teiken voor vir verdedigingbestedingJune 6, 2025
Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, sê hy is vol vertroue dat lede van die Navo-alliansie Donald Trump se eis vir ‘n groot hupstoot in verdedigingsbesteding sal onderskryf. Dit kom na ministers van verdediging in Brussel bymekaar gekom het. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het ‘n bestedingsteiken van 5 persent van BBP voorgestel. Dit sal na verwagting by die spitsberaad later vandeesmaand aanvaar word.