Het TotalEnergies nog ‘n miljard vate gevind? 

Upstream Online berig dat industrie bronne sê dat TotalEnergies dalk nog ‘n groot ontdekking in die Oranje-bekken op hande het. Die boortuig Deepsea Mira het ongeveer drie maande gelede begin met boorwerk by die Tamboti 1X-put in die oliereus se 2913B-blok. Die publikasie sê daar word ‘n syfer van ‘n miljard vate rondgegooi. Indien wel so, sal die welkome nuus wees vir die regering na Shell en Chevron se aankondigings oor onlewensvatbare reserwes. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *