Tweede voorstel vir VSA-regeringsbefondsing misluk
Die Amerikaanse kongres het net 24 uur om ‘n ooreenkoms te vind om die regering aan die gang te hou nadat die Huis van Verteenwoordigers Donderdagaand ‘n befondsingswetsontwerp verwerp het ondanks ondersteuning van Donald Trump. Toe speaker Mike Johnson die jongste weergawe van die wetsontwerp bekend gemaak het, het Trump Republikeine en Demokrate aangemoedig om daarvoor te stem. Demokrate het egter dadelik die voorstel aangeval. ‘n Verstommende 38 Republikeine het teen die maatreël gestem. Demokrate looi op die oomblik vir Elon Musk wat honderde keer op X geskryf het dat die vorige, ooreengekomde wetsontwerp verwerp moet word.