Honda en Nissan smelt dalk saam
Honda en Nissan is in gesprekke om bande te verdiep, insluitend ‘n moontlike samesmelting. Dit is die duidelikste teken nog van hoe Japan se eens oënskynlik onverbeterlike motorbedryf hervorm word deur uitdagings van Tesla en Chinese teenstanders. ‘n Gekombineerde Honda en Nissan sal ‘n maatskappy van 54 miljard Amerikaanse dollar, met ‘n jaarlikse produksie van 7,4 miljoen voertuie skep, wat dit die wêreld se derde grootste motorgroep sal maak. Die twee firmas het in Maart reeds ‘n strategiese vennootskap gesmee om aan die ontwikkeling van elektriese voertuie saam te werk.