Kaapstad kyk na ontsouting vir drinkwater

Die Stad Kaapstad sê hy is tans besig met ʼn uitvoerbaarheidstudie vir sy eerste permanente ontsoutingsaanleg wat vir die Paardeneiland-area beplan word. Ontsouting is ʼn wetenskaplike proses waar sout uit seewater onttrek word en dan verwerk word om dit geskik en veilig vir menslike gebruik te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die beplande ontsoutingsaanleg sal na verwagting tussen 50- en 70-miljoen liter water per dag lewer:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *