Britse regering se herrie oor toebroodjies
Die dinge waarmee die Britse regering hom besig hou. ‘n Herrie is ontketen na Kemi Badenoch, leier van die Konserwatiewe Party, in ‘n onderhoud gesê het middagete is vir sussies. Sy laat haar ete afgelewer word en eet terwyl sy werk. Sy eet soms biefstuk omdat toebroodjies vir ontbyt is. Premier Keir Starmer het hierop geantwoord en sê toebroodjies is ‘n groot Britse instelling en dat hy dit tydens middagete geniet. Toe betree Jim Winship van die British Sandwich Association die gesprek. Hy sê Badenoch se aanmerkings is snert. Britte eet jaarliks 3,5 miljard kommersieel vervaardigde toebroodjies. Die eerste toebroodjie is in 1762 deur die graaf van Sandwich gemaak toe hy gevra het dat ’n paar snye beesvleis tussen snye roosterbrood na hom gebring moet word sodat hy kaarte kan speel.