NamRA waarsku oor ongemagtigde houtskool-invoere

Die Namibiese Inkomste-owerheid, NamRA, het ‘n waarskuwing aan agente en handelaars uitgereik oor die invoer van ongemagtigde houtskool sonder die nodige permitte. Die owerheid beklemtoon dat sulke invoere regulasies oortree, en alle relevante permitte moet verkry word voordat houtskool ingevoer word. Hierdie stap het ten doel om onwettige handel te voorkom en om voldoening aan Namibië se wette oor die invoer van goedere te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, NamRA se bestuurder van strategiese kommunikasie gesels, wat meer verduidelik.