Brockerhoff se borg-aansoek gaan voortDecember 12, 2024
Die borgaansoek van die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff gaan môre voort in die Windhoek landdroshof. Sy mede-aangeklaagde, Markus Rooinasie, het reeds skuldig gepleit op ‘n klag van stropery en het borg van 3 000 Namibiese dollar gekry. Die saak handel oor Brockerhoff en Rooinasie wat in April met ‘n koedoe- en gemsbok karkas oos van Windhoek betrap is. Brockerhoff het getuig dat Rooinasie hom gebel het om met iets te kom help, en dat Rooinasie die diere geskiet het. Hy het ook getuig dat hy as swyser by sy maatskappy maatskappy DQ Construction tussen 8 000 en 15 000 dollar ‘n maand verdien. Hy woon in Kleine Kuppe en sy twee kinders is in ‘n privaatskool. Sy vrou werk nie. Landdros Victoria Absalom is op die bank en Brockerhoff word deur prokureur Boris Isaaks verdedig. E. Naikaku is die staatsaanklaer.