Braaibroodjie-indeks 1,3% laer in November

Die laaste braaibroodjie indeks van die jaar is uit en het goeie nuus. Die indeks het in November met nog 1,3 persent gedaal, wat beteken dat die prys van ‘n braaibroodjie sedert einde Junie met 3,5 persent gedaal het. Die belangrikste prysdrywers in November was die laer uie- en cheddarpryse. Tamaties was ook laer. Sedert die begin van die jaar het die prys van ‘n braaibroodjie met 2,6 persent gestyg, terwyl inflasie 2,9 persent was en voedselinflasie 1,6 persent. Beide die gerapporteerde pryse van uie en cheddar het sedert die begin van die jaar gedaal, terwyl die res van die indeks prysstygings gesien het.