Teenkorrupsie Kommissie open 5de kantoor in Rundu

Die Teenkorrupsie Kommissie van Namibië het sy kantoor in Rundu in Kavango-Oos amptelik geopen. Dit is die kommissie se vyfde kantoor landwyd en sal voorsiening maak vir die Kavango-Oos-, Wes- en Zambezi-streke. Die opening het saamgeval met Internasionale Anti-Korrupsiedag op 9 Desember. Die kommissie se direkteur-generaal, Paulus Noa, sê tot op hede het die kommissie 817 dossiere na die aanklaer-generaal verwys. Hiervan is 413 sake in strafhowe afgehandel. Ander sake is óf nog hangende óf is anders hanteer. Die kommissie het ook kantore in Windhoek, Otjiwarongo, Swakopmund en Oshakati.