Meer as 3,1m kubiek in ‘n week uit Hardap onttrekJune 10, 2025

Die land se damme vertoon steeds goed met bronne vir die sentrale gebied op 82,3 persent. Net minder as 450 000 kubiek is van Swakoppoort oorgedra na Von  Bach wat tans 84,7 persent vol is, na 1,3 miljoen kubiek ook uit Omatako oorgedra is. In die Suide is net meer as ‘n reuse 3,1 miljoen kubiek in die afgelope week uit Hardap gepomp wat tans op 73,3 persent staan. Die Nautedam by Keetmanshoop is op 98,8 persent en Oanob by Rehoboth is 74,6 persent vol. In die Ooste staan Otjivero op 53,5 persent en die slikdam op 10,8 persent. Bronne vir die gebied is tans op net minder as 34 persent.