Zambezi bly deel van Namibië, puntJune 10, 2025

Die regering, by monde van die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, Audrin Mathe, sê die Zambezi-streek vorm deel van die land se soewereine grondgebied en dit word as self van sprekend aanvaar. Dit kom na die United Democratic Party op 4 Junie geëis het dat die regering die streek onmiddellik ontruim. Die party, onder leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 ‘n onsuksesvolle poging geloods om die streek van Namibië af te skei. Die party is al in 2006 verban en Muyongo is in banneling in Denemarke nadat hy Namibië reeds in 1998 verlaat het. Die regering het weer onderneem om ontwikkeling en werksgeleenthede na die verarmde streek te bring.