TikTok dalk in 2025 in VSA verbied, hofaansoek misluk
TikTok se poging om ‘n wet om te keer wat die toepassing van vroeg 2025 af in Amerika sal verbied of verkoop laat word is van die hand gewys. Die sosiale mediamaatskappy het gehoop ‘n federale appèlhof sou instem die wet is ongrondwetlik omdat dit ‘n verstommende uitwerking op vryheid van spraak vir sy 170 miljoen gebruikers in die VSA sou beteken. Amerika wil hê TikTok moet verkoop of verbied word oor wat hy beskryf as die eienaars se bande met China.