So lyk die land se damme

Waterbronne vir die sentrale gebied is tans op 10,6 persent. NamWater se jongste dambulletin toon dat Von Bach, wat weer water van Swakoppoort en Berg Aukas ontvang het is 10,5 persent vol met Swakoppoort op 18 persent. Dinge lyk bedroef in die Ooste met totale bronne op 1,2 persent. In die Suide het Hardapdam 5,9 persent met 383 000 kubiek wat in die afgelope week uitgepomp is. Neckartal het 77,9 persent en boere onder die damwal het 2,2 miljoen kubiek ontvang. Naute is op 33,1 persent van kapasiteit met Oanob by Rehoboth op 32,5 persent.