Backyard Ultra wêreld spankampioenskap by Gecko Ridge

Namibië neem vir die eerste keer deel aan die Backyard Ultra World Team-kampioenskappe, by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund. Die atlete spring 2-uur weg en moet elke uur ‘n 6,7 kilometer-loep voltooi tot net een oorbly. ‘n 15-lid Namibiese span ding in reële tyd met spanne in 62 ander lande mee. Die top-50 spanne sal hul nasionale kampioen na die wêreldfinaal volgende jaar in die VSA kan stuur. Riana Scholtz, Namibia Ultra Trails se byeenkomsdirekteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.