WFP gesels oor plaaslike bystand met voedseltekorte

Die hele Suidelike Afrika se voedselsekerheid is hard geslaan deur die droogte, en in Namibië is meer as 1,2 miljoen mense in nood weens ‘n gebrek aan kos. Daar word verwag dat die aantal mense wat hulp benodig sal toeneem later in die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tiwonge Nachiwenyika, die waarnemende streeksdirekteur van die Wêreldvoedselprogram, wat sê hulle gaan die regering ondersteun om 247 000 behoeftiges regoor die land te help.